OPROEP OM NOMINASIES VAN LEDE VAN DIE PUBLIEK OM OP DIE RADE VAN DIREKTEURS VAN NASIONALE LEKSIKOGRAFIESE EENHEDE TE DIEN

Die Wet op die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad (Wet Nr. 59 van 1995, soos gewysig), in artikel 8(8)(c), laat PanSAT toe om Nasionale Leksikografiese Eenhede (NLE’e) te vestig om ‘n samevattende eentalige woordeboek vir elke amptelike taal te ontwikkel. Die NLE’e bevorder taalontwikkeling deur die samestelling van woordeboeke en ander verwante produkte in die amptelike taal waarvoor die NLE verantwoordelik is. NLE’e funskioneer as maatskappye wat beperk is deur waarborg van die Maatskappywet (Nr. 71 van 2008).

Hierdie oproep om nominasies het ten doel om lede van die publiek en lede van akademiese-, kulturele, en tradisionele organisasies of instellings te nooi om individue te nomineer om op die onderskeie NLE’e (Sesotho sa Leboa, Sesotho, Setswana, Siswati, tshivenda, Xitsonga, Afrikaans, Engels, isiNdebele, isiXhosa en isiZulu) se Rade van Direkteurs te dien. Elke Nasionale Leksikografiese Eenheid se Raad van Direkteure sal dit aanvoer in die produsering van sy samevattende eentalige woordeboek en enige ander leksikografiese produkte wat daarop gemik is om die ontwikkeling en gebruik van die taal deur eerstetaalsprekers in die onderwys, en in ander professionele registers te bevorder. Die verantwoordelikhede van Nasionale Leksikografiese Eenhede se Rade van Direkteure sluit onder andere in die handhawing van oorsig oor
die finansiële-, menslike- en ander hulpbronne beskikbaar gestel vir die leksikale ontwikeling van die betrokke taal. Die Nasionale Leksikografiese Eenhede se Rade van Direkteure sal ook verantwoordelik wees om beleid en planne daar te stel wat gevolg moet word om die oogmerke verwant aan die publisering, druk, en bemarking van woordeboeke en ander leksikografiese produkte te behaal.

VEREISTES/BEVOEGDHEDE

Die benoemde moet belangstelling toon in taalontwikkelingsaangeleenthede. Daarbenewens moet sy/hy ten minste oor een van die volgende bevoegdhede beskik:
1. Kennis in die area van leksikografie (samestelling van woordeboeke)- word hoogs aanbeveel.
2. Bestuurs- en leierskapvaardighede,
3. Finansiële bestuursvaardighede,
4. Kennis in regsake, of
5. Bemarkingsvaardighede,
6. Kennis van Inligtingstegnologiese Stelsels
7. Menslike Taaltegnologie

Moet ‘n eerstetaalspreker van die betrokke taal wees waarvoor sy/hy benoem word.

Benoemings moet skriftelik ingehandig word en moet die volgende inligting bevat:
• Die titel, volle name, adresse (fisiese- en posadres), kontakbesonderhede (e-posadres en selfoonnommers), en ‘n curriculum vitae (CV) (twee bladsye lank) van die benoemde. Die CV moet die benoemde se volle name, ID nommer, geslag, kontakbesonderhede (e-posadres en telefoonnommers), adresse (fisiese- en posadres), naam van die provinsie waarin sy/hy woonagtig is, lidmaatskap van ander professionele liggame, en kort beskrywings van haar/sy ondervinding, kennis, en vaardighede in die relevante taal en/of kultuur bevat.
• Gesertifiseerde kopië van die benoemde se identiteitsdokument en akademiese en profesionele kwalifikasies.
• Enige ander ondersteunende inligting, insluitend name en kontakbesonderhede van minstens twee (2) referente. Een van die referente moet ‘n taal-, kulturele-, tradisionele-, of gemeenskapsgebaseerde organisasie wees.
• ‘n Ondertekende motiveringsbrief (een bladsy lank) vanaf die benoemer wat aandui waarom die benoemde kwalifiseer om ‘n bydrae te maak tot die ontwikkeling en gebruik van die betrokke taal.
• ‘n Behoorlik voltooide aansoekvorm wat deur die benoemer, sekondant, en die benoemde onderteken is.

 

Benoemings wat nie al bogenoemde inligting bevat nie sal nie sal oorweeg word nie.
Vir verdere inligting oor die proses en vereistes, besoek die PanSAT webtuiste by www.pansalb.org of kontak:
Me. Nonkululeko Mkhize Tel: (012) 341 9638 Faks: (012) 341 5938 Epos: nonkululeko@pansalb.org
Benoemings moet gestuur word aan: Die Hoof-uitvoerende Beampte Aandag: Taal Afdeling Pan Suid-Afrikaanse Taalraad
Per epos: nominations-nlu@pansalb.org Per pos aan: Privaatsak X08, Arcadia, 0007
Handaflewering: 5de Vloer, Provisus Gebou, 523 Stanza Bopape Straat, Arcadia, 0083
Sluitingsdatum: 23 Februarie 2024
Neem asseblief kennis dat benoemings wat by wyse van faks ingedien word, nie aanvaar sal word nie.

 

NLUs oproep na nominasies 

Afrikaans Nominasie Vorm vir NLUs

Share:

Facebook
Twitter
Pinterest
LinkedIn

Related Posts