OPROEP OM NOMINASIES VAN LEDE VAN DIE PUBLIEK OM TE DIEN OP NASIONALE TAALLIGGAME (NTL’e)

Die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) nooi hiermee lede van die publiek, verkieslik geassossieerd met akademiese-, kulturele-, tradisionele-, en gemeenskapsgebaseerde organisasies of – instellings, met ‘n belang in tale om individue te benoem vir oorweging vir aanstelling in PanSAT se Nasionale Taalliggame (NTL’e) vir die amptelike tale (Sesotho sa Leboa, Sesotho, Setswana, Siswati, Tshivenda, Xitsonga, Afrikaans, Engels, isiNdebele, isiXhosa, isiZulu, Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) en die Khoe- and Santale.

Elke NTL funksioneer in terme van Artikel 8(8)(b) van die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad Wet (Wet 59 van 1995), soos gewysig, en PanSAT se Normes en Reëls vir NTL’e (Raadskennisgewing 94 van 2005, soos hersien).

Lede sal op ‘n deeltydse basis dien vir ‘n periode van vyf (5) jaar vanaf datum van aanstelling. Daar word geen vergoeding vir lede van Nasionale Taalliggame aangebied nie aangesien hul deelname as gemeenskapswerk beskou word. PanSAT sal kostes verwant aan reis en verblyf dek vir lede wat aangestel word om in die verskeie NTL’e te dien.

Geskikte individue moet aan die volgende vereistes voldoen:
• Eerstetaalspreker/gebruiker wees van die betrokke taal;
• Passie en toewyding hê vir die betrokke taal, en bydra tot die ontwikkeling en gebruik daarvan;
• Spesialis- en omvattende kennis van die betrokke taal besit sowel as kenner wees in enige van die volgende taalareas: taalstandardisering, terminologie ontwikkeling, leksikografie, literatuur en media, vertaling en tolking, taal in onderwys, en menslike taaltegnologie.

Benoemings moet skriftelik ingehandig word en moet die volgende inligting bevat:
• Die titel, volle name, adresse (fisiese- en posadres), kontakbesonderhede (epos en selfoonnommers), en ‘n twee-bladsy lange curriculum vitate (CV) van die benoemde. Die CV moet die benoemde individu se volle name, ID nommer, geslag, kontakbesonderhede (e-posadres en selfoonnommers), adresse (fisiese- en posadres), naam van die provinsie waarin sy/hy woonagtig is, lidmaatskap van ander profesionele liggame, en kort beskrywing van haar/sy ondervinding, kennis, en vaardighede in die relevante taal en/of kultuur bevat.
• Gesertifiseerde kopieë van die benoemde se Identiteitsdokument en akademiese en profesionele kwalifikasies.
• Enige ander ondersteunende inligting, insluitend name en kontakbesonderhede van ten minste twee (2) referente. Een van die referente moet ‘n taal-, kulturele-, tradisionele-, of gemeenskapsgebaseerde organisasie wees.
• ‘n Ondertekende motiveringsbrief (een bladsy lank) vanaf die benoemer wat aandui waarom die benoemde kwalifiseer om ‘n bydrae te maak tot die ontwikkeling en gebruik van die betrokke taal.
• ‘n Behoorlik voltooide aansoekvorm wat deur die benoemer, sekondant, en die benoemde onderteken is.

Benoemings wat nie bogenoemde inligting insluit nie sal nie oorweeg word nie.

Vir verdere inligting oor die proses en vereistes aangaande hierdie oproep om benoemings, besoek asseblief die PanSAT webtuiste by www.pansalb.org of kontak:

Me. Joyce Ngcobo Tel: (012) 341 9638 Faks: (012) 341 5938 Epos: ngcoboj@pansalb.org

Benoemings moet gestuur word aan: Die Hoof-uitvoerende Beampte Aandag: Taal Afdeling Pan Suid-Afrikaanse Taalraad

Per epos: nominations-nlbs@pansalb.org

Per pos aan: Privaatsak X08, Arcadia, 0007 Handaflewering: 5de Vloer, Provisus Gebou, 523 Stanza Bopape Straat, Arcadia, 0083

Sluitingsdatum: 23 Februarie 2024

Neem asseblief kennis dat benoemings wat by wyse van faks ingedien word, nie aanvaar sal word nie.

Afrikaans – NLB call for nomination Gazette

NTL Nominasie Vorm

Share:

Facebook
Twitter
Pinterest
LinkedIn

Related Posts