Lynthia Julius, lid van die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans, ontvang die Eugène Maraisprys vir Poësie

By ANLB Chairperson

Die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans wens graag die konvenor van ons tegniese komitee vir letterkunde, me. Lynthia Julius, hartlik geluk met die Eugène Maraisprys vir Poësie wat deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aan haar toegeken is vir haar digbundel Kinderlê. Hierdie prys word toegeken vir ’n skrywer se eerste of tweede bellettristiese werk in Afrikaans. Sedert 2023 word hierdie prys jaarliks om die beurt toegeken vir prosa die een jaar en vir poësie of drama die volgende jaar. Dit is vir ons ’n eer om iemand van me. Julius se kaliber aan die stuur van ons letterkundekomitee te hê.

Share:

Facebook
Twitter
Pinterest
LinkedIn

Related Posts

Afrikaans tussen erfenis en toekoms

By Roné Wierenga en Prof Terrence Carney By die 30-jarige viering van Suid-Afrika se demokratiese Grondwet, kan die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad terugkyk oor ’n komplekse verlede,