Afrikaans tussen erfenis en toekoms

By Roné Wierenga en Prof Terrence Carney

By die 30-jarige viering van Suid-Afrika se demokratiese Grondwet, kan die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad terugkyk oor ’n komplekse verlede, en ook uitsien na ’n opwindende toekoms. Afrikaans is reeds vir meer as ’n honderd jaar een van Suid-Afrika se amptelike tale en is vandag steeds ’n lewenskragtige, wydverspreide en diverse taal met ewe dinamiese en uiteenlopende sprekers. Die taal kyk egter nie net terug nie; dis ook gerat vir die toekoms, met opwindende nuwe ontwikkelinge waarby PanSAT betrokke is.

Dit is vir PanSAT se Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans (NTLA) ’n riem onder die hart dat ons lede uit ’n groep aktiewe taalonderwysers, taalpraktisyns, taalnavorsers en taalkunstenaars bestaan. Ons lede is tans betrokke by verskeie projekte en instellings, soos die Afrikaanse leksikografiese eenheid wat tot die honderdjarige Woordeboek van die Afrikaanse Taal bydra. NTLA-lede neem ook aan die werksaamhede van die Afrikaanse Taalkommissie deel, wat reeds vir meer as ’n honderd jaar vir die standaardisering van Afrikaans verantwoordelik is en onverpoos aan die volgende Afrikaanse Woordelys en Spelreëls werk. Verdere bydraes sluit in die NTLA se betrokkenheid by die ontwikkeling van ʼn terminologielys met KI-verwante terme asook die ProVARIA-projek wat op die bestudering en dokumentering van Afrikaanse taalvariëteite fokus.

Benewens die ontwikkeling van Afrikaans as taal op verskillende terreine, ondersteun die NTLA ook die onderwyssektor deur middel van samewerkingsooreenkomste. Een voorbeeld hiervan is die kardinale taak om Afrikaans se beskikbaarheid in digitale en virtuele ruimtes te verseker en om taalhulpbronne in die onderskeie variëteite beskikbaar te maak.

Afrikaans bied ’n kultuurtuiste vir sowel moedertaalsprekers as sprekers van addisionele tale, en as sodanig bly die taal ’n waardevolle hulpbron wat tot beskikking is van almal wat dit kan en wil gebruik.

Share:

Facebook
Twitter
Pinterest
LinkedIn

Related Posts

Afrikaanse Taalfees op 9 Mei 2026

Saamgestel deur Charles Human en Mar’c Scholtz Geproeflees deur Dr. Francois Smith Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur se Ministeriële geleentheid ter viering van

Afrikaans tussen erfenis en toekoms

By Roné Wierenga en Prof Terrence Carney By die 30-jarige viering van Suid-Afrika se demokratiese Grondwet, kan die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad terugkyk oor ’n komplekse verlede,