Afrikaanse Taalfees op 9 Mei 2026

Saamgestel deur Charles Human en Mar’c Scholtz

Geproeflees deur Dr. Francois Smith

Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur se Ministeriële geleentheid ter viering van die honderd jaar van Afrikaans as amptelike taal het plaasgevind op Saterdag 9 Mei 2026 by die Oorlogsmuseum te Bloemfontein. Die geleentheid is geopen deur die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, mnr. Gayton McKensie, en verskeie kunstenaars, skole en kultuurgroepe het die dag geniet met sang, dans en poësie.

Ook op die dag was daar ’n paneelbespreking oor die volhoubaarheid en die toekoms van Afrikaans. Die sameroeper, dr. Francois Smith, was ook die gespreksleier van die paneelbespreking en die paneel het bestaan uit:

  1. Dr. Francois Smith                                                                                                                         
    Hoof van die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans van die Universiteit van die Vrystaat
  2. Mnr. Mar’c Scholtz                                                                                                              
    Verteenwoordiger van Afrikaans op PanSAT se Provinsiale Taalkomitee
  3. Mnr. Charles Human                                                                                                                                            Digter, skrywer en verteenwoordiger van Khoe-San-tale op PanSAT se Provinsiale Taalkomitee
  4. Mnr. Bönham Jayden Jimmy Kukari                                                                                                                 Taalpraktisyn en dosent aan die Sentrale Universiteit van Tegnologie
  5. Mev. Anneen Church                                                                                                                                      Dosent aan die Onderrig-en-leersentrum van die Universiteit van die Vrystaat
  6. Mnr. Wyno Simes                                                                                                                              
    Direkteur: Nasionale Afrikaanse Letterkundemuseum (NALN)

Van die besprekingspunte was:

  • Die verkillende dialekte of variante van Afrikaans (Griekwa-Afrikaans, Kaapse Afrikaans, Standaardafrikaans ens.)
  • Die toekoms van Afrikaans as ’n gemeenskapstaal
  • Verbintenis tot Afrikaans as moedertaal.

Saamgestel deur Charles Human en Mar’c Scholtz

Geproeflees deur Dr. Francois Smith

Share:

Facebook
Twitter
Pinterest
LinkedIn

Related Posts

Afrikaanse Taalfees op 9 Mei 2026

Saamgestel deur Charles Human en Mar’c Scholtz Geproeflees deur Dr. Francois Smith Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur se Ministeriële geleentheid ter viering van

Afrikaans tussen erfenis en toekoms

By Roné Wierenga en Prof Terrence Carney By die 30-jarige viering van Suid-Afrika se demokratiese Grondwet, kan die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad terugkyk oor ’n komplekse verlede,