PanSALB HOU SUID-AFRIKAANSE GEBARETAAL (SASL) INDABA

PERSVERKLARING

VIR ONMIDDELIKE UITREIKING

08 MAART 2023, PRETORIA

PanSALB HOU SUID-AFRIKAANSE GEBARETAAL (SASL) INDABA

As deel van die viering van Internasionale Menseregte hierdie maand, sal die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSALB) vanaf Donderdag 09 Maart tot Vrydag 10 Maart 2023 ‘n Indaba hou oor Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SASL) by die Premier Hotel, OR Tambo, Gladiator Straat 73, Kempton Park in Johannesburg.

In lig van die nabye erkenning van Suid-Afrikaanse Gebaretaal as amptelike taal, is die eerste SASL Indaba daarop gemik om die status van SASL leksikale- en grammatika standaardisering in die land vas te stel. Daar word verwag dat die Indaba deur akademiese kenners in Suid Afrikaanse Gebaretaal vanaf verskeie universiteite, regeringsamptenare, onderwysers by skole vir Dowes en navorsers bygewoon sal word. Besprekings by die Indaba sal fokus op kwessies verwant aan die aktiwiteite, uitdagings, hulpbronne, vordering en sosiale oorwegings rondom die standardisering van Suid Afrikaanse GebareTaal (SASL).

LEDE VAN DIE MEDIA WORD GENOOI OM DIE INDABA BY TE WOON, ONDER DIE VOLGENDE REËLINGS:
Datum : 09 -10 Maart 2023
Plek : Premier Hotel, OR Tambo, Gladiator Straat, Kempton Park, Johannesburg
Tyd : 11h00 -17h00
Besprekings: Mnr. Siphiwe Mabasa by siphiwe@pansalb.org of Me. Musa Sekese by musa@pansalb.org

Share:

Facebook
Twitter
Pinterest
LinkedIn

Related Posts