OPROEP OM NOMINASIES VAN KANDIDATE OM OP DIE VRYSTAATSE PROVINSIALE TAALKOMITEE (PTK) VAN PanSAT TE DIEN

Die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) maak hiermee ’n oproep om nominasies van kandidate wat sprekers is van die amptelike tale in die Vrystaat provinsie, insluitend Khoi- & Santale; Suid-Afrikaanse Gebaretaal en enige ander erfenistale soos erken deur artikel 6(5)(b) van die Grondwet, om op die Vrystaatse Provinsiale Taalkomitee van PanSAT te dien. Die termyn van die Provinsiale Taalkomitee (PTK) is vir vyf (5) jaar vanaf die datum van aanstelling deur PanSAT.

 

Die kandidate moet aan die volgende kriteria voldoen:

1. Moet eerstetaalsprekers wees of gebruikers is van die provinsiale amptelike tale, ’n belang hê in die ontwikkeling en gebruik van grondwetlik-erkende tale, ’n Suid-Afrikaanse burger wees en in die Vrystaat provinsie woonagtig wees.

2. Moet oor omvattende kennis van alle amptelike Suid-Afrikaanse tale van die provinsie beskik, insluitend:
2.1 die Khoi- en Santale
2.2 Suid Afrikaanse Gebaretaal en
2.3 Godsdiens- en Erfenistale

3. Potensiële benoemdes moet passievol wees teenoor, en bydra tot taalontwikkeling deur te adviseur in die volgende areas:
3.1 Vertaling en tolking met betrekking tot taalsake van die provinsie insluitend die instelling, samestelling en instandhouding van vertaling- en tolking databasisse.
3.2 Taalbeplanning en oorsig handhaaf oor die formulering en implementering van Taalwetgewing.
3.3 Leksikografie en Terminologie Ontwikkeling.
3.4 Navorising in taalaangeleenthede:
3.5 Oorsig handhaaf oor Linguistiese Menseregte aangeleenthede in die provinsie (Regskennis sal tot voordeel wees).

4. Dokumente wat vereis word vanaf potensiële benoemdes is soos volg:
4.1 ’n Gesertifiseerde afskrif van die Suid-Afrikaanse Identiteitsdokument (ID).
4.2 Gesertifiseerde afskrifte van opregte en relevante kwalikasies in die areas van tale en navorsing.
4.3 ’n Bygewerkte curriculum vitae. Die nominasievorms moet ten volle ingevul word en kan afgelaai word vanaf www.pansalb.org of direk versoek word vanaf die Provinsiale Kantoor per kontakbesonderhede aangedui op die PanSAT webtuiste.

Sluitingsdatum vir Aansoeke:
29 Februarie 2024
www.pansalb.org

 

PDF dokument

PLC Nominasie Vorm Vrystaat

Share:

Facebook
Twitter
Pinterest
LinkedIn

Related Posts